+27 (0) 78 847 6675

   +27 (0) 54 741 0167

E-mail. info@duinindieweg.co.za

Duin in die Weg Outdoor Educational Centre, Perseel 131, 8822 Gariep, Upington, Northern Cape

   +27 (0) 54 741 0167 E-mail. duinindieweg@gmail.com Duin in die Weg Guest Farm N10, Perseel 131, 8822 Gariep, Upington, Northern Cape

DUIN IN DIE WEG NUUSBRIEF – MAART  2022

Mar 11, 2022

Geagte Skoolhoof,

Ek wil graag persoonlik,namens Duin in die Weg, vir u, die personeel en leerders ‘n besonder geseënde jaar toewens.
Youth Camps

DUIN IN DIE WEG NUUS

Ons verwelkom Daniël Venter

Daniel, die nuwe bestuurder Buitelug-programme, het sy Gevorderde Diploma in Natuurbewaring by NMMU (George-kampus) in 2021 voltooi. Hy het ook sy praktiese jaar as intern hier by Duin in die Weg in 2020 gedoen. Hy bestuur en fasiliteer ons Buitelugprogramme (kampe en aktiwiteite) – asook die beplanning van nuwe projekte. Baie van die onderwysers en leerders ken hom reeds – ons glo hy gaan weer baie waarde toevoeg tot ons span!

Ander uitbreidings

Ons suster-maatskapppy, AEL (Uizip), in samewerking met Kumba Iron Ore, gebruik ‘n deel van ons kampus vanjaar vir ‘n Oorbruggingskursus (1 jaar). Dit word aangebied vir verlede jaar se matrieks, wat graag hul Wiskunde en Wetenskap uitslae wil verbeter, met die oog op Kollege- of Universiteits-toelating volgende jaar.

Die ander deel van ons kampus is intussen spesiaal aangepas vir ons skole-kampe: 4 aparte slaapsale, lesing-/ eetsaal, Snoepie, Boskamp en 2 chalets vir die volwassenes / onderwysers. Dit is belangrik dat u vroegtydig bespreek, sodat ons, sover moontlik, almal kan akkommodeer.

KAMPE VIR VERSKILLENDE GROEPE EN GRADE!

Ons bring ook net weer ons programme onder u aandag. Die volgende tipe programme word aangebied. Besoek gerus ons webblad vir meer inligting oor die volgende tipe kampe:

Graad- / klas- / Avontuur- kampe
Opvoedkundige toere:
Spanbou & Konferensie
Lewensvaardighede
Sport- & Rugbykampe
Staptogte & kanoritte vir skole

Graad 7 Skool-verlaters-kamp
Graad 8 Orienteringskamp
Graad 11 Leierskonferensie (JLK)
Grade 12 Eindjaar-kamp
Leerderraad-/ VRL-kampe &
Leierskap kursusse

Ons wil graag die volgende 5 programme spesifiek onder u aandag bring:

Neem ook kennis:

o/13 Rugbytoernooi (Maart / April): Weens bouwerk aan ‘n deel van die terrein, het ons besluit om eerder die toernooi af te stel.
– Die jaarlikse Jeugleierskonferensie (JLK) vir Hoërskool-leiers (5 – 9 Des. 2022)

Ons wil graag die volgende 5 programme spesifiek onder u aandag bring:

LEIERSKAP- / VRL – KAMPE

Ons ondersteun graag skole in die Noord-Kaap om huidige / aangewese Leerderrade (VRL) voor te berei op die werklikhede en uitdagings van leierskap in die skoolomgewing – en later in hulle lewens. Tydens hierdie kampe kry leiers verskillende tipe uitdagings – meestal buite hul gemaksones. Daar is ook waardevolle spanbou-geleenthede om mekaar vinnig te leer ken. Opvoeders kan so leerders se gedrag en interaksie buite die skoolomgewing monitor met die oog op die toekoms. Kampe word deurlopend aangebied volgens behoefte.

Kampe kan ook in die vorm van ‘n staptog of kanovaart (of kombinasie daarvan) wees!

Youth Camps

KANOVAART OP DIE ORANJERIVIER

Ons wil geleenthede vir skole skep om leerders buite die klaskamer verder op te lei tov persoonlike leierskap, spanwerk, waardes, ens. Daarom bied ons opvoedkundige en bekostigbare Kanovaarte vir skole hier op die groot Oranjerivier. Ons kan dit ook kombineer met ‘n kamp en / of  staptog.

Youth Camps

KONFERENSIES, FUNKSIES EN SPANBOU

Bring jul span vir ‘n broodnodige wegbreek hier in die Groen Kalahari – tussen die duine en die rivier. Om kwaliteit tyd as ‘n span, weg vanaf die werk saam deur te bring, hou groot waarde in. Ons bied buite- en binne – funksies, aktiwiteite en verversings. Ons bied natuurlik ook spanbou-kampe vir sportspanne aan.
Youth Camps

OPVOEDKUNDIGE SKOOLTOERE!

Beplan jul skool om nog vanjaar te gaan toer – en kyk na bekostigbare opsies. Hier is ‘n opwindende alternatief! Kom bly ‘n week by Duin in die Weg: Veldskool-program (3 dae), met twee dag uitstappies (2 dae – bv. Upington, Augrabies, Witsand, skietbaan, Boerdery).

Youth Camps

LEWENSVAARDIGHEDE

Ons kan verskillende tipe opleiding aanbied. Kontak ons gerus, ons het ‘n baie oulike Lewensvaardighede-program vir oud en jonk.

SAMEVATTEND

Kontak ons gerus vir meer inligting, of programme wat spesifiek aangepas is vir u skool se behoeftes. Meer inligting verskyn ook op ons webblad. U is natuurlik ook baie welkom vir ‘n lekker koppie koffie hier by ons – of ek kan u by die skool kom besoek.

Alie Brand – UITVOERENDE HOOF Tel:                             +27 (0) 83 303 7769 E-mail:                       alie@duinindieweg.co.za Web:                          www.duinindieweg.co.za