+27 (0) 78 847 6675

   +27 (0) 54 741 0167

E-mail. info@duinindieweg.co.za

Duin in die Weg Outdoor Educational Centre, Perseel 131, 8822 Gariep, Upington, Northern Cape

DUIN IN DIE WEG NUUSBRIEF – AUGUSTUS 2022

Sep 13, 2022

Ons bring graag weer ons aktwiteite en programme, oud en nuut, onder u aandag.

Ons besef koste vir kampe is altyd ‘n groot faktor, en daarom probeer ons op verskillende maniere om vir verskillende groepe kampe en ander programme so bekostigbaar moontlik aan te bied. Dit is vir ons belangriker om die diens te lewer, as om net na die inkomste te kyk. Daarom wil ons skole aanmoedig om nie net kampe te los nie, maar tog vooraf met ons te gesels dat ons kan kyk of daar ‘n plan te maak is. Kyk gerus ook na die opsie van week-kampe, want skole kwaliseer vir tot 15% afslag op kampe tydens die week.

Vervolgens bring ons twee van die groter geleenthede (“events”) onder u aandag.

DUIN IN DIE WEG TRAIL RUN! (5, 10, 17 km)

Ons wil graag op 26 November ‘n wonderlike geleentheid skep waar mense van oral die skoonheid van die Noord-Kaap kom ervaar. Ons glo hier wag ‘n wonderlike ervaring vir elke deelnemer: ‘n goed ontwerpte drafroete, geskenk-sak, skoon toilette & storte; goed ingerigte & pragtige waterpunte; medies op terrein; medaljes aan almal wat roete voltooi; t-hemde en “buff” (slegs 17 km en 10 km deelnemers). En natuurlike pryse – geluktrekkings; asook pryse vir die 1ste, 2de en 3de man & vrou.
Jul kan ook verblyf en etes bespreek!.

JEUGLEIERS-KONFERENSIE (JLK) 2022 – ‘N MOET VIR ELKE JONG LEIER

Ons bied jaarliks die JLK aan vir Graad 11 – leiers van die Noord-Kaap. Vanjaar word dit weer vanaf 5 – 9 Desember by Duin in die Weg aangebied. Die program bestaan o.a. uit gesprekke, werkswinkels en buitelug-aktiwiteite. Die doel is om die voornemende leiers voor te berei op die werklikhede en uitdagings van leierskap in die skoolomgewing – en later in hulle lewens. Die aanbieders is top sake- en akademiese leiers. Ons poog om elke jaar ‘n borgskap te bekom, dat leerders dit gratis kan bywoon.
Ons het reeds verlede kwartaal ‘n Omsendbrief met volledige inligting aan skole gestuur. Elke skool is welkom om vier Graad 11 – leiers te stuur.
Dit is ook belangrik dat u skool betyds die nodige toestemming by die Departement verkry.

Youth Camps

SAMEVATTEND

Ons wil ook net weer vriendelik versoek dat besprekings vir kampe so gou moontlik en betyds vooraf gedoen word. Naweke raak gou vol bespreek, en sekere weke van die jaar is ook baie gewild.

Kontak ons gerus verder vir meer inligting, of programme wat spesifiek aangepas kan word vir u skool se behoeftes.

Alie Brand – UITVOERENDE HOOF
Tel:                             +27 (0) 83 303 7769
E-mail:                       alie@duinindieweg.co.za
Web:                          www.duinindieweg.co.za