+27 (0) 78 847 6675

   +27 (0) 54 741 0167

E-mail. admin@duinindieweg.co.za

Duin in die Weg Outdoor Educational Centre, Perseel 131, 8822 Gariep, Upington, Northern Cape

DUIN IN DIE WEG NUUSBRIEF – OKTOBER 2022

Vanjaar was vir ons ‘n besonder geseënde jaar – te danke aan al u ondersteuning. Daarvoor sê ons opreg dankie. My bede is dat die laaste deel van jul jaar en beplanning goed sal verloop.

Ons wil volgende jaar met ons kampe veral op leierskap en karakterbou (persoonlike ontwikkeling) fokus. Leerders moet eers hul eie lewe kan lei voordat hul ‘n groter rol in die wêreld kan speel. Die doel van ‘n skool is immers om leerders voor te berei vir die lewe – en ons wil u graag hiermee ondersteun. Op die wyse kan ons saam die ongelooflike potensiaal in leerders, opvoeders en skoolgemeenskappe na die volgende vlak te neem. Ons onderneem verder om deurlopend materiaal aan leerders en onderwysers te stuur vir verdere gebruik.

Ons bring vervolgens enkele programme onder u aandag:

JEUGLEIERS-KONFERENSIE (JLK) 2022 – ‘N MOET VIR ELKE JONG LEIER

Ons bied jaarliks die JLK aan vir Graad 11 – leiers van die Noord-Kaap. Vanjaar word dit weer vanaf 5 – 9 Desember 2022 by Duin in die Weg aangebied. Die program bestaan o.a. uit gesprekke, werkswinkels en buitelug-aktiwiteite. Die doel is om die voornemende leiers voor te berei op die werklikhede en uitdagings van leierskap in die skoolomgewing – en later in hulle lewens. Die aanbieders is top sake- en akademiese leiers. Ons poog om elke jaar ‘n borgskap te bekom, dat leerders dit gratis kan bywoon.

Ons het reeds verlede kwartaal ‘n Omsendbrief met volledige inligting aan skole gestuur. Elke skool is welkom om vier Graad 11 – leiers te stuur. Maak seker dat u voor 31 Oktober 2022 inskryf. As leiers nog nie verkies is nie, kan u net solank plekke bespreek. Dit is ook belangrik dat u skool betyds die nodige toestemming by die Departement verkry.

OPWINDENDE PROGRAM VIR 2023 – LEADER IN ME!

Ons stel volgende jaar ‘n opwindende nuwe leierskap- en karakterbou program bekend, as basis vir ons kampe. Dit is geskoei op Stephen Covey se wêreldbekende boek, ”The Seven habits of highly effective people”; “The Seven habits of highly effective teenagers”; asook die “Leader in Me” program (https://www.leaderinme.com/) – wat reeds in meer as 50 lande aangebied word.

Tydens die kampe gaan ons die leerders en onderwysers deur praktiese leierskap- & spanbou aktiwiteite wys hoe om hierdie vaardighede in hul daaglikse lewens te inkorporeer. Die program help leiers om selfstandig te wees, inisiatief te neem, vooruit te beplan, doelwitte te stel en na te streef, hul huiswerk te doen, hul tyd te prioritiseer, hul emosies te bestuur, bedagsaam teenoor ander te wees, hul standpunt oortuigend uit te druk, konflik op te los; kreatiewe oplossings te vind en ‘n positiewe invloed te hê.

GESAMENLIKE LEERDERRAAD / VRL-KAMPE

Die gesamenlike kampe in Januarie vind as volg plaas:
– Laerskole Leerderraad-kamp: 20 – 23 Januarie 2023
– Hoërskole VRL/Leerderraadkamp: 27 – 29 Januarie 2023

U is natuurlik nog steeds welkom om ‘n eie kamp/e slegs vir u eie skool te bespreek, soos in die velrede.

Youth Camps

KOSTE VAN KAMPE

Ons besef koste vir kampe is altyd ‘n groot faktor, en daarom probeer ons op verskillende maniere om kampe en ander programme so bekostigbaar moontlik aan te bied. Dit is vir ons belangriker om die diens te lewer, as om net na die inkomste te kyk. Daarom wil ons skole aanmoedig om nie net kampe te los nie, maar tog vooraf met ons te gesels dat ons kan kyk of daar ‘n plan te maak is. Kyk gerus ook na die opsie van week-kampe, want skole kwalifiseer vir tot 15% afslag op kampe tydens die week.

Youth Camps

SAMEVATTEND

Kontak ons gerus vir kampe soos: Orienteringskamp (graad 8), Spanbou, ens.

Ons wil ook net weer vriendelik versoek dat besprekings vir kampe so gou moontlik en betyds vooraf gedoen word. Naweke raak gou vol bespreek, en sekere weke van die jaar is ook baie gewild.

Kontak ons gerus verder vir meer inligting, of programme wat spesifiek aangepas kan word vir u skool se behoeftes.

Youth Camps
Alie Brand – UITVOERENDE HOOF
Tel:                             +27 (0) 83 303 7769
E-mail:                       alie@duinindieweg.co.za
Web:                          www.duinindieweg.co.za

Contact Us

Office | 054 741 0167
Coordinator | +27 83 303 7769

Admin | +27 78 847 6675
   admin@duinindieweg.co.za