+27 (0) 54 741 0167
E-mail. info@duinindieweg.co.za
Duin in die Weg Outdoor Educational Centre, Perseel 131, 8822 Gariep, Upington, Northern Cape
+27 (0) 54 741 0167 E-mail. duinindieweg@gmail.com Duin in die Weg Guest Farm N10, Perseel 131, 8822 Gariep, Upington, Northern Cape
Februarie 2020 Nuusbrief
BUITELUGOPVOEDING- EN SPORTPROGRAMME 2020
Dit is uiters noodsaaklik dat instansies vooraf bespreek om teleurstelling te voorkom. Die volgende tipe programme word aangebied:
- Leierskaps-kampe & kursusse (insl. Leierskap-identifisering jaarlikse Laerskool leiers-kampe -Jan. en Jeugleierskonferensie vir hoërskole – Des.)
- Skole Klas- & avontuur kampe (meer as 80 verskillende aktiwiteite), ook vakansie-kampe
- Sport- & Rugbykampe (insl Spanbou en klinieke) en Toernooie
- Staptogte & kanoritte: Opwindende kanoritte word beplan!
- Lewensvaardighede: Meer as 15 verskillende programme beskikbaar
- Opvoedkundige en sporttoere: Kaap, Suid-kaap, ens.
- Korporatiewe opleiding en Spanbou.
Ons bied ook by geleentheid programme by skole en instansies aan. Onlangs het ons ‘n opleiding- en spanbousessie vir HS Groblershoop se VRL aangebied. Dit is ook bygewoon deur die verantwoordelike personeellid, skoolhoof en streeksdirekteur. Baie geluk aan elke verkose leier. Mag dit ‘n baie geseende jaar wees vir jul almal.
INTERNSKAPPE
Ons teikenmark vir Internskappe is afgestudeerde studente of studente wat ‘n praktiese jaar moet / wil doen) om spesifieke tipe poste te vul, soos Kamp- fasilitering, Bemarking en Gasvryheid & Spyseniering en Onderhoud. Koste beloop R2 000 per maand (wat o.a. verblyf en etes insluit). Inderdaad wonderlike geleenthede!
VERWELKOMINGSPROGRAM – AEL STUDENTE
Ons het vanjaar die Verwelkomingsprogram vir ons ander kampus by die Academy for Enviromental Leadership (AEL) by Uizip aangebied vanaf 27 Jan. – 3 Feb. Die Spanbou- en Leierskapskamp het uit twee dele bestaan: Kamp by Duin in die Weg (3 dae) – opgevolg met ‘n unieke Kanovaart na Uizip (45 km – 3 dae). Die terugvoer was baie positief:
Learn to push myself to go further – feel I can do a lot more now – Teamwork was wonderful; shows what it can achieve – Learn to know each other quit well – build good friendships – Braais & making own food – opportunity to socialize, team worked together – One of my favourite camps so far – Not easy, but great (in moment wasn’t entirely fun, but in end fun and good…
NOORD-KAAP JEUGLEIERS-KONFERENSIE WEER GROOT SUKSES
Duin in die Weg se Buitelug Opvoedingsentrum, in samewerking met die Universiteit Stellenbosch, het verlede jaar sy tweede Jeugleiers-konferensie vanaf 5 – 9 Des. aangebied. Die tema was: “WE DREAM LEADERSHIP, YOU MAKE IT REAL. “ Die konferensie is geborg deur SIOC Community Development Trust (by Kumba Iron in Kathu) en Raisins SA. Dit is bygewoon deur 31 leerders van 12 verskillende skole in die Noord-Kaap.
Deelnemers was bevoorreg om uitnemende opleiding en mentorskap te ontvang van twee ervare en invloedryke leiers in die Noord-Kaap. Dr Trevor van Louw is die Programbestuurder: Opvoeding by die SIOC Community Development Trust by Kumba Iron in Kathu. Sy vrou, dr. Christa van Louw, is ‘n privaat landbou-konsultant en adviseur vir korporasies en industriee. Die konferensie het veral bestaan uit ‘n verskeidenheid gesprekke, praktiese werkswinkels en buitelug-aktiwiteite.
Skole word aangemoedig om nou reeds plekke te bespreek vir vanjaar se konferensie, wat vanaf 1 – 5 Desember 2020 by Duin in die Weg gaan plaasvind.
LAERSKOLE LEERDERRAAD-KAMPE
DUIN IN DIE WEG bied jaarliks tydens Januarie Leerderraad-kampe vir Laerskole in die Noord-Kaap aan. Vanjaar se kampe is deur 8 skole bygewoon. Ons glo dat die bywoning van die skole se Leerderrade die skole en hul jong leiers baie gaan baat. Ons allerbeste wense vir ‘n baie suksesvole jaar aan elkeen van julle.
TELEMATIESE SKOLE-PROJEK KOM DUIN IN DIE WEG TOE
Die “Telematics Schools Project” se doel is om die Graad 10 tot 12 eindresultate van deelnemende skole en leerders via interaktiewe satellietplatform te verbeter. Die projek is ‘n vennootskap tussen die Sentrum vir Leertegnologieë aan die Universiteit Stellenbosch (US) en die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD), wat die diens gratis aan leerders beskikbaar stel.
Ons beoog om teen Maart gereed te wees. Klasse word dan elke Woesdag- en Dondermiddag tussen 16:00 – 17:00 by Duin in die Weg aangebied. Die aanbieders verduidelik kernbegrippe en spreek problem-areas aan waarin leerders probleme gehad het met vorige eksamens. Leerders kan reageer of vrae vra aan die aanbieder in die ateljee via die interaktiewe webblad, Facebook-“messenger” of WhatsApp. Besoek gerus die Facebook link: https://www.facebook.com/telematicschoolsproject.
KONTAK ONS VANDAG NOG!
Besoek gerus ons webwerf vir meer inligting en die nodige dokumente. Kontak ons vir volledige inligting oor die verskillende programme, akkommodasie & verblyf – vir skole, besighede en groepe (kultuur, familie, kerke).ALIE BRAND – HOOF UITVOERENDE BEAMPTE
Contact Us
Tel. +27(0) 54 741 0167
Wapp. +27(0) 83 303 7769
info@duinindieweg.co.za