+27 (0) 78 847 6675

   +27 (0) 54 741 0167

E-mail. info@duinindieweg.co.za

Duin in die Weg Outdoor Educational Centre, Perseel 131, 8822 Gariep, Upington, Northern Cape

   +27 (0) 54 741 0167
E-mail. duinindieweg@gmail.com

Duin in die Weg Guest Farm N10, Perseel 131, 8822 Gariep, Upington, Northern Cape

November 2019 Nuusbrief

Nov 15, 2019 | Blog

Agtergrond

 DUIN IN DIE WEG het in 2004 ontstaan – en is ‘n gevestigde Sport en Buitelugsentrum in die Noord-Kaap. Dit is geleë langs die Oranjerivier, tussen Upington en Groblershoop. Dit bevat al die kontraste van die pragtige Noord-Kaap – van die Kalahari-duine tot die groen gordel langs die Oranjerivier. Dit is geleë op ‘n privaatplaas wat meer as 2000 hektaar beslaan, en is die perfekte bestemming vir sport en buitelugopvoeding.

BUITELUGOPVOEDING- EN SPORTPROGRAMME 2020

Ons is baie dankbaar vir die ondersteuning sover die semester. Die oornag-gaste (“koppe – per – kussing”) vir groepe (individuele gaste uitgesluit) is as volg: Jan – Jun: 2240 en Jul – Okt: 2380.

Dit is gemiddeld 373 per maand oor die eerste 6 maande van die jaar en 595 per maand vir die afgelope 4 maande. Daar was 16 kampe (skole / Deptement) en 8 Buite-groepe.

Die volgende tipe programme word aangebied: Leierskaps-kampe & kursusse; Klas en avontuur kampe; Veldskool; Sport en Rugbykampe; Staptogte & riviervaart; Lewensvaardighede; Toere; Korporatiewe opleiding en Spanbou.

Dit is uiters noodsaaklik dat skole en ander groepe vooraf en betyds bespreek.

GROEN KALAHARI GAPJAAR EN INTERNSKAPPE

Hierdie is twee van die nuwe programme waaroor ons baie opgewonde is! Die toelatingsvereiste vir beide programme is graad 12. Studente wat die program suksesvol voltooi, ontvang ‘n formele sertifikaat. Sien ons webblad vir ‘n volledige Infostukke oor beide opsies.

Interns: Ons is op soek na geskikte kandidate (veral afgestudeerde studente of studente wat ‘n praktiese jaar moet / wil doen) met die bestuurspotensiaal om die volgende poste te vul:

Kamp- fasiliteerder, Bemarking en Gasvryheid & Spyseniering. Daar is geen koste verbonde aan die Internskap. Ons bied ook ander internskap-opsies.

Groen Kalahari Gapjaar: Ons fokus veral op na-matrieks wat wil werk & terwyl hul meer leer oor: Avontuur & Buitelewe; Boerdery en Besigheid; Natuurbewaring en Leierskap en Bestuur. Koste beloop R 24 000 (6 maande) of R 40 000 (jaar.).

JAARLIKSE LAERSKOLE LEERDERRAAD-KAMP

DUIN IN DIE WEG bied jaarliks tydens Januarie Leerderraad-kampe vir Laerskole in die Noord-Kaap aan. Skole se Leerderrrade word weer uitgenooi om een van Leierskampe by te woon.
Ons eerste Leierskamp word aangebied van 17 – 19 Januarie 2020 of die tweede van 24 – 26 Januarie 2020 – beide oor naweke. Die program sal aanvang neem om 16:00 die middag (Vrydag) en sal afsluit om 10:00 die oggend (Sondag).

Die totale koste vir die Kamp beloop R645 per leerder. Dit sluit die volgende in : Vyf maaltye, twee nagte se verblyf asook die program en alle aktiwiteite.
Ons glo hierdie is ‘n moet vir jong leiers! Ons glo dat die bywoning van u skool se Leerderraad die skool en jong leiers sal baat, en daarom versoek ons u om van hierdie wonderlike geleentheid gebruik te maak.

JEUGLEIERS-KONFERENSIE VIR HOËRSKOOL-LEIERS – DES 2019

Duin in die Weg, in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch, bied jaarliks ‘n hoëvlak Jeugleierskaps-kursus aan vir leiers van die Noord-Kaap aan die einde van hul graad 11-jaar. Dit is ‘n uitstekende geleentheid vir beide skole en hul leiers.
Dit vind weer plaas vanaf 5 – 9 Desember 2019. Die totale koste vir die kursus (alles ingesluit, vervoer uitgesluit) beloop R 2 900 per leerder.
Ons het ‘n borgskap bekom, wat beteken skole kan twee leerderraad-lede gratis stuur!

DUIN IN DIE-WEG o/13 RUGBY -TOERNOOI – 2020

Spanne kan nog inskryf vir die die volgende Curro / Duin in die Weg o / 13 Rugbytoernooi vanaf 20 – 25 Maart 2020. Ons kan slegs 12 spanne akkommodeer.
Die volgende 8 spanne het reeds ingeskryf: Anton van Wouw, Hendrik Louw, Curro Langebaan, Curro Kathu, Windhoek Gimnasium, Darling, Hermeslaan, Kaap Uitnodigingspan. Wat hierdie so ’n besondere toernooi maak, is die feit dat ons gespesialiseerde afrigtings-klinieke aangebied deur top afrigters, met drie wedstryde wat daarna gespeel word.

Die groot fokus is top-afrigting, en inoefening van vaardighede in wedstrydsituasies daarna. Verder word die ervaring gekombineer met spanbou-sessies, roeivaart op die rivier, en ander avontuurlike aktiwiteite. Die koste vir volgende jaar se toernooi, wat oor 6 dae / 5 nagte aangebied word, is: R1700 per speler.

MAAK DIE BUITELEWE JOU KLASKAMER!!

Besoek ons webwerf vir meer inligting en al die nodige dokumente. Kontak ons vir ‘n volledige inligtingstukke.

WAT HIER BEGIN – VERANDER DIE WÊRELD