+27 (0) 54 741 0167
E-mail. info@duinindieweg.co.za
Duin in die Weg Outdoor Educational Centre, Perseel 131, 8822 Gariep, Upington, Northern Cape
+27 (0) 54 741 0167 E-mail. duinindieweg@gmail.com Duin in die Weg Guest Farm N10, Perseel 131, 8822 Gariep, Upington, Northern Cape
NUUSBRIEF – DESEMBER 2021
DUIN IN DIE WEG NUUSBRIEF – DESEMBER 2021
2021 was vir ons ‘n goeie jaar – te danke aan al u ondersteuning. Daarvoor sê ons opreg dankie. Dit was egter ook uitdagend weens Covid. Daarom is dit my bede dat die laaste deel van jul beplanning vanjaar goed sal verloop, en dat u goed sal uitrus die komende vakansie.
Ons suster-maatskapppy, AEL (Uizip) gebruik ‘n deel van ons kampus volgende jaar vir ‘n Voorbereidingsjaar vir huidige matrieks wat hul Wiskunde / Wetenskap uitslae wil verbeter met die oog op Kollege / Universiteits-toelating. Daarom word ons fasiliteite ook aangepas. Dit is dus belangrik dat u vroegtydig bespreek, sodat ons, sover moontlik, almal kan akkommodeer.
Ons bring ook vir oulaas weer ons programme onder u aandag. Besoek gerus ons webblad vir meer inligting oor die volgende tipe kampe:
KAMPE VIR VERSKILLENDE GROEPE EN GRADE!
Graad / klas kampe | Graad 7 Skool-verlaters-kamp |
Toere | O/13 Rugby-toernooi |
Spanbou | Graad 8 Orienteringskamp |
Kanorit vir skole | Graad 11 Leierskonferensie |
Leierskapkampe | Graad 12 Eindjaar-kamp |
Ons fokus veral op die volgende vyf programme:
Ons wil graag die volgende vyf programme spesifiek onder u aandag bring:
LEIERSKAPKAMPE
Die tradisionele, gesamenlike Laerskole Leerderraad-kamp vind weer vanaf 21 – 23 Januarie 2022 plaas. Tydens hierdie kamp vind Leierskaps – ontwikkeling plaas buite die leiers se gemaksones – en daar is ook waardevolle spanbou-geleenthede om mekaar vinnig te leer ken en te leer. Opvoeders kan leerders se gedrag en interaksie buite die skoolomgewing monitor met die oog op die toekoms.
Skole kan ook hul eie kampe bespreek op ander tye. Kampe kan ook in die vorm van ‘n staptog of kanovaart (of kombinasie daarvan) wees!
ORIëNTERINGSKAMPE (Graad 8)
Gemoedsrus vir die nuwe jaar! Ons wil geleenthede skep vir skole dat hul nuwe Graad 8 – leerders mekaar beter leer ken. Ons wil hul ook ondersteun om die nuwe hoërskool-omgewing, en die lewe, beter verstaan. Die Kamp wil ook bydra dat span-/ groepwerk, wat ongelooflik belangrik is in die hoërskool, nou vinniger kan plaasvind.
Nuwe ervarings … wonderlike herinneringe … nuwe vriende … en groot pret!!
SPANBOU-KAMPE – VERSKILLENDE SPORTSOORTE
Gee jou span ‘n voorsprong vir die nuwe seisoen – op en vanaf die veld!
Ons sien daarna uit om ‘n rol te speel in die effektiewe voorbereiding van spanne, om op en vanaf die veld ‘n groot sukses te maak van die nuwe seisoen – en die lewe daarna. Afrigters besluit op datums wat hul pas – asook die hoeveelheid “blood, sweat and tears…”
O/13 RUGBY TOERNOOI (28 Maart – 2 April 2022)
Ons het die afgelope twee jaar se toernooie weens die Covid-19-pandemie misgeloop. Dit is vir ons van groot belang dat ons in die nuwe jaar ‘n spesiale toer- en rugby-ervaring vir ons seuns en afrigters kan bied, met ‘n goeie kombinasie van drie rugbyklinieke & wedstryde en heerlike Kalahari avonture. Ons fokus veral op die belangrike voor-seisoen vaardighede by spelers, met die inoefen daarvan tydens die wedstryde. Ons help ook in die proses met die ontwikkeling van ons afrigters.
Ons kan net 8 spanne akkommodeer. Dit is vir ons van groot belang dat ons ook ‘n bydrae maak tot junior rugby in die Noord-Kaap. Daarom wil ons spesiaal ons plaaslike skole uitnooi, en van hierdie ‘n jaarlikse hoogtepunt maak op u rugbykalender!
SAMEVATTEND
Kontak ons gerus vir meer inligting, of programme wat spesifiek aangepas is vir u skool se behoeftes. Meer inligting verskyn ook op ons webblad.
U is natuurlik ook baie welkom vir ‘n lekker koppie koffie hier by ons!
Alie Brand – HOOF
Tel: +27 (0) 54 741 0167
E-mail: alie@duinindieweg.co.za
Web: www.duinindieweg.co.za
Contact Us
Tel. +27(0) 54 741 0167
Wapp. +27(0) 83 303 7769
info@duinindieweg.co.za