+27 (0) 54 741 0167
E-mail. admin@duinindieweg.co.za
Duin in die Weg Outdoor Educational Centre, Perseel 131, 8822 Gariep, Upington, Northern Cape
+27 (0) 54 741 0167
E-mail. duinindieweg@gmail.com
Duin in die Weg Guest Farm N10, Perseel 131, 8822 Gariep, Upington, Northern Cape
NUUSBRIEF – JULIE 2021
Hiermee wil ons jul voorspoed toewens vir die nuwe kwartaal. Ons bied weer ‘n verskeidenheid programme aan wat ons glo vir die skool waardevol kan wees.
Kontak ons gerus vir meer inligting, of ‘n program wat spesifiek aangepas is vir u skool se behoeftes. Meer inligting verskyn ook op ons webblad.
DUIN IN DIE WEG – OP – WIELE
Hierdie is ‘n onlangse toevoeging tot ons program-aanbod! Ons het graad-programme rondom spesifieke temas ontwikkel – volgens die vereiste uitkomste van die CAPS-kurrikulum, asook belangrike lewensvaardighede. Ons bied ‘n verskeidenheid aktiwiteite vir kampe, spanbou en leierskaps-ontwikkeling by jul skool of nabygelee kampterrein aan. Dit is meer bekostigbaar en bied steeds aan leerders die waardevolle geleenthede van Kampe tydens COVID. Dit kamp ook in ‘n kamp-formaat (2 dae) aangebied word.
DUIN IN DIE WEG – OP – WIELE dupliseer die tipe aktiwiteite wat tydens ‘n kamp sou plaasvind. Leerders kom soos net soos ’n normale dag skool toe, en neem deel aan ‘n gestruktureerde program bestaande uit avontuuraktiwiteite en werksessies met spesfieke uitkomste. Aan die einde van die dag keer hulle terug huis toe, net soos met ‘n gewone skooldag.
OPVOEDKUNDIGE SKOOLTOERE!
Beplan jul skool om nog later vanjaar te gaan toer, maar oorweeg om dit af te stel weens Covid… Hier is ‘n opwindende alternatief!
Kom bly ‘n week by Duin in die Weg:
- Veldskool-program: 3 dae
- Interessante dag uitstappies: 2 dae (bv. Upington, Augrabies, Witsand, wildsplaas, skietbaan, Boerdery, ens.)
TUISSKOLIERE OF SKOLE / GRAAD GESINSKAMP!!
Kom geniet ‘n onvergeetlike avontuur!
Dit is ‘n spesiale naweek vir die hele gesin! Groepe kies hul eie naweek. Elke gesin doen hul eie besprekings by Duin in die Weg. Infostuk en besprekingsvorm sal op ons webblad beskikbaar wees.
Die gesin gebruik hul eie tent / woonwa – of bly in ons selfsorg-eenhede, -kamers of luukse chalets. Laerskool-kinders kan oornag (goedkoper) in die slaapsale. Ons voorsien 1 gesamenlike ete / dag vir almal (3 etes vir naweek). Verder is daar opwindende aktiwiteite vir
LEERDERRAAD-KAMPE – KWARTAAL 3 / 4
Wees gereed vir die nuwe jaar!
Ons ondersteun skole in die Noord-Kaap om huidige / aangewese Leerderrade (VRL) voor te berei op die werklikhede en uitdagings van leierskap in die skoolomgewing – en later in hulle lewens.
- Leierskap: -Identifikasie; -Ontwikkeling of Spanbou.
- Informele, waardevolle spanbou-geleenthede vir nuwe lede om mekaar vinnig te leer ken
- Opvoeders kan leerders se gedrag en interaksie monitor vir die toekoms.
- Dit kan ook in die vorm van ‘n staptog of kanovaart (of kombinasie daarvan) wees!
LEIERSKAPSONTWIKKELING-PROGRAM (2022)
Hierdie is ‘n NUWE PROGRAM, waarmee ons poog om Leierskap-ontwikkeling meer bekostigbaar en deurlopend aan te bied – en ook die res van die graad daarby te betrek.
Dir begin met ‘n kamp in kwartaal 1 vir die verskillende skole (4 leiers / skool), en dan ‘n dagkursus by elke skool 2 – 3 keer per jaar vir die senior graad. Deelnemers ontvang ‘n Sertifikaat oor die suksesvolle voltooiing van hierdie program.
- Kamp: Die doel is om ‘n inspirerende platform te skep om jong leiers voor te berei vir sukses die res van die jaar – en ook vir die lewe.
- Kursus / s: Dit bou voort op die aktiwiteite van die kamp. Leerders (graad) kom soos op ‘n normale dag skool toe, en neem deel aan ‘n gestruktureerde program bestaande uit avontuur-aktiwiteite en werksessies met spesifieke uitkomste. Aan die einde van die dag keer hulle terug huis toe, net soos met ‘n gewone skooldag
SAMEVATTEND
Ons sal graag ons skole in die tyd wil tegemoetkom om kampe meer bekostigbaar te maak.
- Afslag vir naweekkampe (ver skole) en spesiale weektariewe vir almal.
- Oorweeg opsie van Duin in die Weg op Wiele, waar ons kan uitkom na u skool toe.
- Toer (week), waar ons Veldskool (3 dae) en Uitstappies (2 dae) kombineer
- Ekstra dag as groep van ver kom vir ‘n kamp – met gratis verblyf vir die ekstra nag
- Afslag vir Leerderraad- / VRL-kamp as Graad-groep later kom
- Afslag op amptelike Personeel-funksie / spanbou of wanneer individuele personeellede (met hul gesin & vriende) hierheen wil kom vir naweke.
Kontak my gerus as u meer inligting verlang, of as ons u op enige manier behulpsaam kan wees, of u taak kan vergemaklik. Dit sal ‘n voorreg wees.
Alie Brand – UITVOERENDE HOOF
Tel: +27 (0) 54 741 0167
E-mail: alie@duinindieweg.co.za
Web: www.duinindieweg.co.za
Contact Us
Office | 054 741 0167
Coordinator | +27 83 303 7769
Admin | +27 78 847 6675
admin@duinindieweg.co.za