+27 (0) 54 741 0167
E-mail. info@duinindieweg.co.za
Duin in die Weg Outdoor Educational Centre, Perseel 131, 8822 Gariep, Upington, Northern Cape
+27 (0) 54 741 0167
E-mail. duinindieweg@gmail.com
Duin in die Weg Guest Farm N10, Perseel 131, 8822 Gariep, Upington, Northern Cape
NUUSBRIEF – OCTOBER 2021
Ons weet u is reeds besig met u beplanning vir die nuwe kwartaal en jaar. Daarom bring ons graag enkele van ons programme onder u aandag.
KAMPE VIR VERSKILLENDE GROEP EN GRADE!
GRAAD | WEBBLAD (SKAKEL) |
Graad / klas kampe | https://duinindieweg.co.za/youth-camps-2/ |
Toere | https://duinindieweg.co.za/duin-in-die-weg-educational-tours/ |
DIDW – op-Wiele | https://duinindieweg.co.za/duin-in-die-weg-on-wheels/ |
Span(-bou) | https://duinindieweg.co.za/team-building/ |
Kanorit skole | https://duinindieweg.co.za/orange-river-canoe-camp-trips/ |
LeierskapkampeHS/LS | https://duinindieweg.co.za/leadership-camps-2/ |
Graad 7 Skool-verlaters-kamp | https://duinindieweg.co.za/grade-7-school-exchange-camp/ |
o/13 Rugby-toernooi | https://duinindieweg.co.za/sport-tournaments-camps-and-clinics/ |
Graad 8 Orienteringskamp | https://duinindieweg.co.za/grade-6-orientation-camp/ |
Graad 11 Leiers Konferensie | https://duinindieweg.co.za/grade-11-leadership-conference-2/> |
Grade 12 Eindjaar-kamp | https://duinindieweg.co.za/matrics-end-year-camp/ |
Ons focus veral op die volgende vyf programme:
- Jeugleierskonferensie (JLK) vir Hoërskool-leiers (komende Des.)
- Leierskap- / VRL-kampe (laerskole / hoërskole)
- Oriënteringskampe (Graad 8)
- Spanbou-kampe (verskillende sportsoorte)
- o/13 Rugbytoernooi (Maart / April 2022)
JEUGLEIERS-KONFERENSIE (JLK) VIR HOëRSKOOL-LEIERS
Die jaarlikse JLK word reeds die afgelope drie jaar hier by Duin in die Weg aangebied. Die doel is om, op ‘n jaarlikse basis, ‘n forum daar te stel, waar jong aangewese jeugleiers (huidige graad 11-leerders) van die Noord-Kaap hoërskole voorberei kan word op die werklikhede en uitdagings van leierskap in die skoolomgewing en later in hulle lewens. Die week bestaan veral uit gesprekke, werkswinkels en verskeie toepaslike buitelug-aktiwiteite.
Vanjaar word die JLK vanaf 6 tot 10 Desember 2021 aangebied. Elke skool kan 4 leerders inskryf. Voorlopig is daar geen koste aan verbonde nie, ons is in die proses om weer ‘n borgskap te bekom. Die Infostuk met Inskrywingsvorm is op ons webblad.
Ons glo hierdie is ‘n moet vir elke jong leier!
LEIERSKAP- / VRL – KAMPE
Die tradisionele, gesamenlike Laerskole Leerderraad-kamp vind weer vanaf
21 – 23 Januarie 2022 plaas. Tydens hierdie kamp vind Leierskaps – ontwikkeling plaas buite die leiers se gemaksones – en daar is ook waardevolle spanbou-geleenthede om mekaar vinnig te leer ken en te leer. Opvoeders kan leerders se gedrag en interaksie monitor met die oog op die toekoms.
Skole kan ook hul eie kampe bespreek op ander tye. Kampe kan ook in die vorm van ‘n staptog of kanovaart (of kombinasie daarvan) wees!
ORIëNTERINGSKAMPE (Graad 8)
Gemoedsrus vir die nuwe jaar! Ons wil geleenthede skep vir skole dat hul nuwe Graad 8 – leerders mekaar beter leer ken. Ons wil hul ook ondersteun om die nuwe hoërskool-omgewing, en die lewe, beter verstaan. Die Kamp wil ook bydra dat span-/ groepwerk, wat ongelooflik belangrik is in die hoërskool, nou vinniger kan plaasvind. Sonskyn, saamkuier, nuwe ervarings … wonderlike herinneringe … nuwe vriende … en groot pret !!
SPANBOU-KAMPE – VERSKILLENDE SPORTSOORTE
Gee jou span ‘n voorsprong vir die nuwe seisoen – op en vanaf die veld!
Ons sien daarna uit om ‘n rol te speel in die effektiewe voorbereiding van spanne, om op en vanaf die veld ‘n groot sukses te maak van die nuwe seisoen – en die lewe daarna. Afrigters besluit op datums wat hul pas – asook die hoeveelheid “blood, sweat and tears”…
O/13 RUGBY TOERNOOI (28 Maart – 2 April 2022)
Ons het die afgelope twee jaar se toernooie weens die Covid-19-pandemie misgeloop. Dit is vir ons van groot belang dat ons in die nuwe jaar ‘n spesiale toer- en rugby-ervaring vir ons seuns en afrigters kan bied, met ‘n goeie kombinasie van drie rugbyklinieke & wedstryde en heerlike Kalahari avonture. Wat die Rugby betref, fokus ons veral op die belangrike vaardighede by spelers, met die inoefen daarvan tydens die wedstryde – terwyl ons ook help met die ontwikkeling van ons afrigters.
Ons is seker jul gaan ook die wonderlike omgewing, die pragtige rugbyvelde tussen die duine, ons fasiliteite en die samesyn terdee geniet!
SAMEVATTEND
Kontak ons gerus vir meer inligting, of programme wat spesifiek aangepas is vir u skool se behoeftes. Meer inligting verskyn ook op ons webblad. U is natuurlik ook baie welkom vir ‘n lekker koppie koffie hier by ons!
Alie Brand – CHIEF EXECUTIVE
Tel: +27 (0) 54 741 0167
E-mail: alie@duinindieweg.co.za
Web: www.duinindieweg.co.za
Contact Us
Tel. +27(0) 54 741 0167
Wapp. +27(0) 83 303 7769
info@duinindieweg.co.za